NewsSchools

Vossies te sterk vir Jeugland

Die Hoërskool Ben Vorster se 1ste krieketspan het die Hoërskool Jeugland van Kemptonpark met 146 lopies gewen tydens die Finsbury toernooiwedstryd.

Die Vossies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Jimmy Modiba en Vernon Harms het ‘n goeie begin vir die Vossies verseker met ‘n vennootskap van 99 lopies om die eerste paaltjie. Franco Oberholzer en Atwell Mokgoloboto se vennootskap van 68 lopies om die 4de paaltjie het die Vossies gehelp om 244/10 in 46 boulbeurte aan te teken.

Vernon Harms (met 42 lopies), Franco Oberholzer (met 40 lopies) en Jimmy Modiba (met 36 lopies) het as kolwers uitgeblink.

Jeugland was vroeg in hulle beurt in die moeilikheid nadat hulle vier paaltjies vir net 23 lopies verloor het. Goeie gedissiplineerde boulwerk en uitstekende veldwerk deur die Vossies het Jeugland onder druk gehou. Jeugland het in die 26ste boulbeurt die knie gebuig met almal uit vir 98 lopies.

Die beste boulers was Wilco Jansen van Rensburg (2/0 in 1 beurt), Cobus Geldenhuys (2/9 in 2 beurte) en Johan Harms (2/17 in 4 beurte).

Related Articles

Back to top button