School sportSport

Larries gaande oor fietsry

Bergfietsry het die afgelope paar maande met rasse skrede gegroei by Laerskool Tzaneen.

Van die leerlinge het deelgeneem aan die Limpopo Spur Skole Liga en die Larries het in ‘n skaflike vierdeplek geeïndig.

Hou gerus die Larries dop by komende bergfietswedrenne en XCO kompetisies.

Onder leiding van dr Shani van den Heever en ‘n paar baie entoesiastiese ouers is die ryers uitgerus met pragtige hemde wat verseker in die komende seisoen elke ander ryer jaloers gaan maak.

Die Larries wil graag hul opregte dank oordra aan die borge: Selati Dakkappe, Highgrove Lodge, Tropical Apteek, JV Hidrolies en Mangela Animal Farm.

Intussen het Andri Prinsloo ook by die span aangesluit en enige Larrie wat belangstel om ook fiets te ry, kan haar kontak by 072 288 1296.

Dan wil die Larries ook vir dr Shani en Andri baie gelukwens met hul besonderse prestasie die afgelope naweek.

Hulle het albei op 20 November deelgeneem aan die 20ste Telkom 94.7 Cycle Challenge wat oor 95km strek deur Johannesburg se strate.

Hulle het albei die wedren voltooi in onderskeidelik drie uur en 53 minute en vier uur en drie minute.

Related Articles

Back to top button