Local newsNews

TZANEEN: Storm los sy spoor

'Ek het gedink dit is 'n semi-orkaan.'

Stormsterk winde en reën het skuins na middernag Tzaneen en omgewing getref.

‘Ek het ongeveer 01:00 wakker geskrik. Dit was baie erg. Die wind het ongelooflik gewaai ek het nie gedink my dak se teëls gaan dit hou nie,’ het ‘n inwoner aan Letaba Herald vertel.

Die ry-ingang van die woonkompleks na die storm.
Die ry-ingang van die woonkompleks na die storm.

In ‘n woonkompleks in Premierpark het ‘n boom se takke wat afgeruk is deur die winde amper grootskaalse skade aangerig aan huise daar.

Die ry-gang van die kompleks word tans opgeruim.

Van die takke wat op die bure se heining beland het.
Van die takke wat op die bure se heining beland het.

Van die takke het op een van die bure se muur geval, maar geen groot skade is egter aangerig nie.

Letaba Herald verneem dat die storm in die Nkowankowa omgewing skade aangerig het.

Van die informele nedersettings is glo deur die wind soos papier in die lug opgetel, is aan die Herald vertel.

'n Dakteel het in die slag gebly toe die boom se takke op een van die bure se heining geval het en op n deel van die huis.
‘n Dakteel het in die slag gebly toe die boom se takke op een van die bure se heining geval het en op n deel van die huis.

‘Ek het nog so gekyk, toe is die sink weg…dit was toe net reën,’ het ‘n inwoner van die Tickyline omgewing vertel.

Daar is ongeveer glo 4mm reën in dele van Tzaneen gemeet.

IMG_9789 (Medium)

‘Dit was soos ‘n semi-orkaan man, maar dit is seker maar soos die natuur is. Hy kom maak eers skoon. Nou kan die reën maar val. En hy kan maar kom boeta, ons het hom nodig,’ vertel ‘n inwoner.

IMG_9817 (Medium)

Meer oor die storm in hierdie week se uitgawe van Letaba Herald.

Het jy enige skade of kommentaar? Ons hoor graag! Besoek Letaba Herald se FaceBook blad of epos fotos na: bertus@herald.co.za

IMG_9777 (Medium)

Lees ook:

‘Die groot reën kom na 10 Oktober…’

‘Deadline’ wag vir dié ‘Magic-water’ in SA  Water

Wednesday: 5 updates around SA’s drought

More heavy rains are on the way

 

 

 

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button