Local newsNews

OPVOLG: Verwoestende brand onder beheer

Die brand wat oor drie dae gewoed het in Deerpark is onder beheer, maar word steeds gemonitor. Ongeveer 1 000ha se plantasies is glo verwoes.

So het Maritza Swanepoel van die Letaba Fire Protection Association (LFPA) aan die Letaba Herald Saterdag vertel.

Luidens die LFPA se Facebook blad is ongeveer 1 000ha plantasies in die brand verwoes.

Lugfoto van die verwoestende brand. ongeveer 1 000ha is verwoes in die brand. Foto: LFPA-Facebook.
Lugfoto van die verwoestende brand. ongeveer 1 000ha is verwoes in die brand. Foto: LFPA-Facebook.

Drie helikopters, twee spotters en ongeveer 500 LFPA brandbestryders en ander ondersteundende brandspanne van organisasies, sowel as Tzaneen se brandweer het teen die vuur geveg. Name wat genoem word is, Merensky, Westfalia, Kingsland Farming en Diggersrest.

Vrydag tydens die brand. Foto: Bertus de Bruyn.
Vrydag tydens die brand. Foto: Bertus de Bruyn.

Teen Saterdagoggend was die brand onder beheer.

Dit was hoofsaaklik bloekombome en wildebos wat gebrand het.

Luidens Tony Long, is die meeste skade nie net beperk tot Deerpark se wildebos en mango boorde nie, maar ook  tussen die heuwels van Modjadji en Politsi se plantasie gebiede.

Sateroggend. Foto: Bertus de Bruyn
Saterdagoggend. Foto: Bertus de Bruyn

‘Dit was erg. Dit was die ergste vuur wat ek nog teen moes baklei,’ het een van die brandbestryders aan die Herald gesê.

Die LFPA se ondersteunings spanne was van Tzaneen, Sekororo, Soekmekaar en Polokwane.

Plaaswerkers Saterdagoggend op bystand. Foto: Bertus de Bruyn
Plaaswerkers Saterdagoggend op bystand. Foto: Bertus de Bruyn

Swanepoel vertel dat ongeveer 7 000 liter brandstof gebruik is deur die helikopters en vliegtuie tydens die brand bestryding.

Swanepoel het aan die Herald vertel, dat spanne Saterdagoggend net besig is met met ‘Mop-Up’ en die omgewing word gemonitor.

Twee dae van brand bestryding. 'n LFPA brandbestryder Saterdagoggend by die skougrande waar tent opgeslaan was. Foto: Bertus de Bruyn
Drie dae van brand bestryding. ‘n LFPA brandbestryder Saterdagoggend by die skougronde waar tent opgeslaan was om te rus. Foto: Bertus de Bruyn

Tzaneen se gemeenskap, omgewing en besighede het nie met hulp laat wag nie.

Na ‘n pleidooi op die Tzaneen/Duiwelskloof Snuffelgids, waar die gemeenskap gevra is om te help met water, kos en ander noodsaaklikhede om dit vir die brandbestryders bietjie draagliker te maak, is Agri Letaba se kantoor by die skougronde oorval met vooraad.

‘As iemand water nodig het in Tzaneen, kan hulle maar aan ons deur kom klop,’ het Swanepoel tong in die kies gesê.

Water en ander voorraad vir die brandbestryders. Foto: LFPA
Water en ander voorraad vir die brandbestryders. Foto: LFPA

‘Tzaneen is ysters. Ek is vandag trots om myself ‘n Tzaneener te noem. Ek kry ‘n knop in my keel en ‘n trane in my oë, daar is nie woorde in die woordeboek wat dit kan beskryf nie. Daar is in so kort tydtjie so baie voorraad ingebring. Die versoek was skaars uit toe stroom die water in,’ vertel Swanepoel trots.

Verheug en moeg. LFPA brandbestryders Saterdagoggend. Foto: Bertus de Bruyn
Verheug en moeg. LFPA brandbestryders Saterdagoggend. Foto: Bertus de Bruyn

Sy bedank namens die LFPA almal wat bygedra het.

Ten spyte daarvan dat die vuur gevaarlik naby huise gekom het, het geen huise afgebrand nie, en geen ernstige beserings is opgedoen tydens die brand bestryding nie.

IMG_9731 (Medium)
Foto: Bertus de Bruyn

Meer in volgende week se Letaba Herald.

Lees ook:

OPVOLG: Brand woed voort – hulp ingeroep

MULTIMEDIA: Brand in plantasie rig massiewe skade aan

Gallery:

Related Articles

Back to top button