CrimeNews

NUUSFLITS: Nog ‘n transitoroof in Tzaneen

'n Transito voertuig is vanoggend reg voor die Tzaneen Crossings Mall van 'n onbekende bedrag geld geroof.

Die rooftog was om omstreeks 08:00.

Volgens getuies op die toneel was ses gewapende rowers by die roof betrokke.

Vier te voet en twee wat glo in Postnet se parkeerarea reg gesit het in twee voertuie om die hasepad te kies sodra hul makkers die rooftog uitgevoer het.

Die transito voertuig was besig om geld by Nedbank af te laai.

Die twee voertuie wat in die rooftog gebruik is was ‘n silwer Mercedes en ‘n silwer Polo.

Die Polo het ‘n sondak.

Lede van die publiek word gemaan om op die uitkyk te wees vir hierdie twee voertuie maar om nie self die verdagtes te probeer aankeer nie.

Die feit dat die misdaadtoneel oorkant die plaaslike polisiestasie is blyk glad nie die rowers af te geskrik het nie.

Volgens Marius Jacobs, van Northern Sekuriteit, is rolspelers in die veiligheidsbedryf so ver as Hoedspruit tans op die uitkyk vir die verdagtes.

Die Herald sal meer inligting plaas soos die storie verder ontvou.

Related Articles

Back to top button