Local newsNews

ZZ2: So lyk ‘n kampioen bul

Die 29 maande oue stoetbul, Heinz, van ZZ2 het Dinsdag tydens die Bloemskou in Bloemfontein met die titel as kampioen weggestap tydens die Vleissentraal-SA Stamboek Elite bulgroeitoetsklas 2016 kompetisie.

Bulle wat op grond van prestasies in ‘n Sentrale Bulgroeitoets beter bekend as Fase C toetse gekwalifiseer het en deur die betrokke Telersgenootskap genomineer is, neem aan hierdie kompetisie deel.

Paul Bester, algemene Bestuurder, Veeboerdery by ZZ2, het aan Letaba Herald gesĆŖ dat hy persoonlik baie trots is op die prestasie en dat dit vir die Pinzqauer ras asook Pinzgauer genootskap baie belangrik is.

Die doel van die toetsklas is om ‘n waardevolle bydrae te lewer om prestasietoetsing in die regte perspektief te plaas en om die korrekte en gebalanseerde gebruik van prestasiedata vir beesvleis produsente in die skouring te bevorder.

“Dit toekenning beteken baie vir die ZZ2 veeboerdery en asook vir ZZ2 in die geheel.” het hy aan die Herald gesĆŖ tydens ons besoek daar.

Dit bevestig net weereens dat ZZ2 Veeboerdery bulle en koeie van gehalte kan teel vertel Bester.

Die beoordeling tydens die skou het vir Bester gevoel asof dit die hele dag gaan duur. Daar is om 09:00 begin met die beoordeling en die deelnemers moes wag tot 16:00 die middag vir die uur van waarheid.

‘Toe die diere weer vir ‘n laaste keer in die arena moes loop was die senuwees gedaan. Elke bul is in kort bespreek. Daar was geen negatiewe kritiek op Heinz nie, vertel ‘n trotse Bester.

Bester vertel dat genetika een ding is, maar dat daar nog twee komponente is wat volgens hom sorg vir ‘n kampioen, naamlik voeding, versorging en afrigting.

Lukas Dinda, Heinz se hanteerder word, ook hoog geprys vir sy uitstaande hantering van die bul.

Hy is ‘n gesoute beeshanteerder met jare se ondervinding en daarom weet hy presies wat van hom verwag word tydens so ‘n kompetisie.

‘Netheid tel ook baie punte, en tydens die skou kon mens Lukas se selftrots sien.’ sĆŖ Bester.

Bester vertel verder dat die stoetbedryf baie kompeterend is en dat jy deurgaans jou diere moet vergelyk met diƩ van mede stoettelers om sodoende net die beste diere te kan teel in die land.

Met kompetisies soos hierdie, bou diere ‘n CV op, vertel hy. Teen die einde van die dag bepaal dit hoe goed die dier is asook sy waarde.

Heinz se skouloopbaan het alreeds op 8 maande ouderdom begin en nou begin die kompetisie al strawwer raak. Sy skoupaaie wat hy gaan stap, blyk baie belowend te wees.

‘Jy moet jouself die heeltyd afvra, of die dier regtig so goed is as wat die dier lyk, daarom is dit belangrik om nou te begin sien of hy kan teel. ‘n Skoubul alleen is nie goed genoeg nie. Sy kalwers behoort ook beter as hy te wees. Dan eers is Heinz regtig ‘n kampioen.’ sĆŖ Bester.

Paul Bester, algemene Bestuurder, Veeboerdery by ZZ2 met die trofee.
Paul Bester, algemene Bestuurder, Veeboerdery by ZZ2 met die trofee.

Die trofee wat ZZ2 by die skou ontvang het vir hulle kampioen bul, is ‘n bewys dat Heinz, die stoetbul, die kollig gesteel het.

Dit sal nou saam met die talle ander gesogte pryse wat die ZZ2 stoetery ontvang het uitgestal word in hulle trofee kamer.

Hierdie jaar was 16 bulle van verskillende rasse ingeskryf vir die Vleissentraal-SA Stamboek Elite Bulgroeitoetsklas, nadat hulle voldoen het aan die minimum standaarde om deel te neem, en goedgekeur is deur die onderskeie beestelersgenootskappe .

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button