Local newsNews

Mandela: 22 gelede, vry na 27

Vandag, presies 22 jaar gelede op 10 Mei 1994 is Nelson Mandela ingehuldig as Suid Afrika se eerste demokratiese president .So onthou joernalis van Letaba Herald, Bertus de Bruyn Nelson Mandela en die geskiedkundige dag. Hy was immers daar.

Dit was die jaar 1994!

10 Mei om presies te wees.

Ek het in my eenslaapkamer woonstel op die hoek van Kerk- en Du Toitstrate gesit.

(Kerkstraat se naam het intussen verander na Helen Josephstraat)

Dit was die dag wat Nelson Mandela ingehuldig is by die Uniegebou as die eerste demokratiese president van Suid- Afrika.

Ek onthou hoe daar in soveel tuine blikkies kos en Bybels begrawe is. Dis om van te lag, as mens nou daaraan dink.

Alles was afgebaken met lemmetjiesdraad in die middestad. Jy kon nie uit of in kom in die gebied nie.

Ek was vas ‘getronk’ in die middestad.

Twee van my studente vriendinne het by my gekuier.

Die volk het opgeruk in hulle massas in Vermeulenstraat, (Ironies genoeg staan dié vandag bekend as Madiba straat,) oppad na die Uniegebou om die geskiedkundige oomblik te kon beleef.

Ons het besluit, ‘if not why not.’ So word ons deel van die skare.

Ons word oorweldig en al omhelsend dans ons saam, in ons hande word nuwe SA vlaggies op stokkies wat gedruk is op glans papier.

En so al wapperend soos die vlagies betree ons die tuine van die Uniegebou.

Betree ons saam die ‘Nuwe Suid-Afrika.’

Daar was seker vrees, maar as ek nou terug dink was dit alles onnodig.

En toe Nelson se inhuldigings toespraak, kort en kragtig.

En ‘n gejuig toe hy afsluit met:

‘Let there be justice for all.

Let there be peace for all.

Let there be work, bread, water and salt for all.

Let each know that for each the body, the mind and the

soul have been freed to fulfill themselves.

‘Never never, and never again shall it be that this beautifull land will again experience the oppression of one by another and suffer the indignity of being the skunk of the world.

Let freedom reign.

The sun shall never set on so a glorious human achievement!

God bless Africa.’

My tweede ‘Close Encounter’ met Mandela was op 16 Junie 1999 toe Thabo Mbeki ingehuldig is as die tweede demokratiese president.

Mbeki se inhuldigings dinee was op Strydomplein onder ‘n groot marquee’s tent.

Ek het in die Staatsteater se opera foyer gewerk as kelner by Greenfields restaurant.

Ons het die spyseniering gedoen vir die erewag. Toe Mandela by die voorportaal instap was daar ‘n heilige stilte wat ek vir niemand kan beskryf nie.

Tatta Madiba het ‘n teenwoordigheid gehad wat onbeskryflik was.

Trane het oor menige se wange stil begin rol. Seker maar oor wat hy vermag het.

‘n Internasionale joernalis, (ironies, kyk waar sit ek nou,) wat te naby wou kom om ‘n foto van hom te neem is egter deur lyfwagte grond toe geduik.

Hy is verwyder en Madiba het statig verby ons gestap, regs gedraai deur die deur na Strydom Plein, waar die inhuldigings funksie gehou is.

‘n Week voor hy in 2013 in die hospitaal opgeneem is, het ek sy outobiografie, ‘Long Walk To Freedom’ gelees.

Om sy lewensreis te kon beleef was ongelooflik. Hoekom ek soalnk geneem het om dit lees, kan ek nie verklaaar nie.

Sy deursettings vermoë om te veg vir vryheid vir almal sal my altyd by bly.

Hy het geveg vir ‘n demokratiese Suid Afrika.

Hy het geveg vir gereg en regverdigheid.

Hy het vir sy lewe geveg in die hospitaal.

Hy het vir amper ses maande verder geveg.

Tata Madiba het sy geveg Donderdagnag 13 Desember in 2013 om 20:50 verloor in die ouderdom van 95.

‘n Nasie het gerou! Die wêreld het getreur.

Op die ou Gravelotepad naby Fairview Lodge is ons eie ‘Mandela brug’ met ‘n bordjie wat stil getuig:

‘Nelson Mandela Bridge: Who built bridges between South-Africans and people all over the world and made an inprint.’

Tatta, tata Madiba.

Tzaneen se eie Nelson Mandela-brug.
Tzaneen se eie Nelson Mandela-brug.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button