BusinessInternational

Nuwe Hilux: ‘n Bakkie wat vir homself praat

Die splinternuwe Toyota Hilux is verlede week tydens 'n gesellige funksie by Maximes aan Tzaneeners bekend gestel.

Die splinternuwe Toyota Hilux is verlede week tydens ‘n gesellige funksie by Maximes aan Tzaneeners bekend gestel.

Hierdie bielie is beslis nie dieselfde ou plaasbakkie waarmee my pa destyds as jong plaaskind leer bestuur het nie. Inteendeel, vandag se Hilux is soveel meer.

Klante kan hulle regmaak vir ‘n bakkie wat soms (op teerpad) vergeet hy is ‘n bakkie en soos ‘n moderne sedan hanteer.

Moet egter nie vir ‘n oomblik dink die nuutste lid van die Hilux familie staan enigsins terug vir brute krag as dit by werk kom nie.

Volgens Jurg van Heerden, NTT se hoof van nuwe karre, is hierdie voertuig sy eie kompetisie.

“Ek hou nie daarvan om die nuwe Hilux se lof te veel te besing nie, anders doen ek en die bakkie dit saam.

Dis makliker om die bakkie vir homself te laat praat,” het Van Heerden aan die Herald gesĂȘ.

Buiten die normale werkverrigting, is ‘n hele spul ander verbeteringe ook aangebring.

Die Hilux het nou nuwe kragbronne, wat beter kraglewering veroorsaak, maar ook sorg dat daar minder skadelike uitlaatgasse vrygestel word.

Veranderinge is ook aangebring aan die onderstel, die veerstelsel, die kajuit en selfs die mates van die voertuig (met die nuwe Hilux wat 7.5cm meer in lengte gegroei het, terwyl die asafstand steeds dieselfde as die van sy voorgangers gebly het).

Klante kan hulle gereed maak vir die gevoel van ‘n sportnuts met die spiere van ‘n werkesel.

Hierdie bakkie sal nie uit plek wees op die plaas of selfs in ‘n stedelike winkelsentrum nie.

Terwyl die Herald met Van Heerden gesels, het sy foon nie vir ‘n oomblik ophou lui, soos opgewonde toekomstige Hilux eienaars hul waens probeer bestel nie.

Toyota is nie sonder rede die markleier op die gebied van bakkies nie en as mens die nuwe geslag Hilux so kyk, sal dit geen verrassing wees as die stand van sake so bly nie.

Soos die Toyota manne jou graag sal herinner is die nuwe Hilux se grootste kompetisie steeds die vorige Hilux.

Related Articles

Back to top button