Local newsNews

Sekspes teister vrou glo na Bobby-vertoning

NELSPRUIT-'n Terloopse ontmoeting by 'n Bobby van Jaarsveld vertoning verlede jaar het waarskynlik daartoe gelei dat 'n vrou (36) na bewering die slagoffer van 'n minderjarige seun (17) se seksuele teistering geword het.

Die vrou (wat nie haar identiteit bekend gemaak wil hĆŖ nie) is, soos deurĀ  die Laevelder berig, deur die seun gevra of sy met haar foon ‘n foto van hom saam met Van Jaarsveld kan neem en dit vir hom (die seun) kan aanstuur via Whatsapp.

Die vrou het niks daarvan gedink nie.

Sy het die foto geneem, dit vir die seun aangestuur en toe sy nommer van haar foon geskrap.

Groot was haar skok en verbasing egter toe sy verlede Saterdag omstreeks 04:00 ‘n eksplisiete kaalfoto van ‘n onbekende nommer af ontvang het.

Oor die loop van die volgende ses ure het nog vier soortgelyke foto’s gevolg.

Volgens ‘n berig in Die Laevelder het die seun ook vir haar ‘n boodskap gestuur wat lees: “I wanna do bad things to you.”

Volgens die vrou het sy geen verdere kontak met die seun gehad sedert sy die Bobby van Jaarsveld foto vir hom gestuur het nie.

Sy en ‘n vriendin het die seun opgespoor op grond van sy Whatsapp profiel foto waar hy in sy skool se rugbydrag afgeneem is.

Toe hulle egter die skool kontak is hulle ingelig dat hy nie meer ‘n ingeskrewe leerling van die bekende skool is nie.

Intussen het die Laevelder uitgevind dat hy by ‘n ander plaaslike hoĆ«rskool ingeskryf is.

Daar is nie ‘n saak by die SAPD gemaak nie.

Die ouers en skool hanteer die saak intern.

Related Articles

Back to top button