Editor's choiceLocal newsNews

GTM werk hard om krag probleme op te los

Verskeie areas om Tzaneen gaan tans gebukkend onder kragonderbrekings en die Elektriese Departement van die GTM is onder groot druk om die probleme uit te sorteer.

Volgens Flip Schutte, van die GTM se Elektriese Departement, het die volgende plekke probleme met kraglyne wat op die grond is: Deeside, Dap Naude lyn naby Debegeni en die Mieliekloof lyn verby Lemoenfontein op pad na die seinversterkingstoring (repeater tower).

Hierdie areas se probleme behoort ‘n ruk te neem om op te los en volgens Schutte is dit moeilik om ‘n tyd daaraan te koppel.

Ander areas wat tans probleme met krag ervaar, blyk na aparte probleme te wees en word as sulks behandel.

Voorts sê Schutte dat hy, sowel as ander kantoor personeel van die Departement, Maandag en Dinsdag van hul private voertuie gebruik gemaak het, in ‘n poging om personeel in die veld te gaan help om verskeie areas se krag vinniger weer aan te kry.

Die weer help egter nie en volgens Schutte het hulle sedert Sondag 13 transformators a.g.v. die weer verloor.

Inwoners word gemaan om geduldig te wees.

Die GTM Elektriese Departement werk so vinnig hulle kan om weer krag toevoer na die onderskeie areas te herstel.

Related Articles

Back to top button