CrimeLocal newsNews

Gemeenskap en Polisie veg saam

Die skerp styging in plaasaanvalle die afgelope paar weke, het die SAPD en plaaslike boere ewe keelvol.

Soveel so, dat hul hande gevat het en Vrydagaand padblokkades in die Letsitele area saam gaan beman het. Herald was daar om ‘n paar fotos te neem.

Die algemene gees onder boere en lede van die SAPD was doelgerig en almal was vasberade om ‘n verskil te maak.

Hoewel die manne ‘n effense gebrek aan behoorlike toerusting ervaar het, het hul gedoen wat hul kon.

Volgens Wynand de Jager, een van die plaaslike boere, asook ‘n lid van die plaaslike GPF, was die samewerking tussen die SAPD en lede van die gemeenskap ‘n hoogtepunt en hopelik ‘n teken van dinge wat kom. Lede van die gemeenskap is welkom om De Jager te kontak, sou hul ‘n skenking van toerusting of geld wil maak.

Geen arrestasies is gemaak nie, hoewel ‘n hele paar verkeersboetes uitgedeel is aan bestuurders van voertuie met padwaardigheid kwessies.

In ‘n tyd waar dit meer en meer duidelik raak dat die SAPD nie die nodige infrastruktuur of mannekrag het, om landelike veiligheid absoluut te verseker nie, is hierdie inisiatief ‘n welkome verandering.

Mens kan maar net hoop dat boere en polisie reg oor die land Letsitele se voorbeeld volg en ook so doeltreffend begin saamwerk.

Boere wat graag hierby betrokke wil raak is welkom om Wynand via e-pos te kontak by wynanddejager1@gmail.com of telefonies by 076 671 9302.

Related Articles

Back to top button