EntertainmentFeaturesLifestyleLocal newsNews

Waardeer vroue meer

Paul du Toit glo vroue moet meer waardeer word.

Vrouens … dis nie so maklik nie. Ek dink eerlikwaar nie dat vroue genoeg deur mans waardeer word nie. Ons moet eintlik vandag sê dat daar ‘n man agter elke suksesvolle vrou staan, want die vroue is net so bedywig in die korporatiewe wêreld as die mans. Maar dit is egter nog steeds waar, dat ‘n suksesvolle man gewoonlik ‘n suksesvolle, ondersteunende vrou aan sy sy het. Ons mans kan eintlik maar min regkry sonder die vrouens in ons lewens.

Mans kan nie doen wat vrouens kan doen nie, dit het ek lankal besef. Die vroue lê die dissipline neer wat mans op koers hou. Hulle is die gom wat die gesin bymekaar hou. As dit nie met mamma goed gaan nie, dan gaan dit nie goed met die gesin nie.

Ons wêreld sal nie kan bestaan sonder die vrouens nie– die gom wat die families bymekaar hou, die anker.

Respek, is belangrik. ‘n Vrou moet gerespekteer word.

My persoonlike opinie, maar ek dink ook dit is belangrik dat’n vrou na haar self moet kyk. Sy moet goed versorg wees. Elke vrou het ‘n Godgegewe skoonheid waarna sy moet omsien.

Die Bybel wil dit so hê en as ‘n vrou haar man soos ‘n koning behandel is sy uiteraard ‘n koningin.

Related Articles

Back to top button