Local sportSport

Rolbal ‘kook’ op Eiland Spa-Baan

Terwyl dit bibberend koud en reënerig is elders, het rolbalspelers by Die Eiland Spa ‘n heerlike sonnige dag geniet terwyl daar met wedywering en entoesiasme meegeding is vir ‘n wenplek.

‘n Totaal van 72 spelers in 24 spanne het aan die kompetisie met Van Heerden Apteek as die hoofborg, deelgeneem. Callie Prigge, Johan van Backström en Vera Swart het ‘n goeie dag op die baan gehad en het met die eersteprys weggestap.

Wessel van der Westhuizen, Estelle de Beer, Lampies Lamprecht se span het tweedeplek behaal en Leon van Dyk, Geroline van der Westhuizen en Jan Beukes wen die prys vir derdeplek. “Die eerste Van Heerden Apteek is meer as 30 jaar gelede op BelaBela geopen.

Lees ook: Balle rol tydens Eiland-borgdae

Daar is tans 22 takke in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng. “Daar is ook 10 ten volle toegeruste klinieke wat primêre gesondheid ondersteun. Die apteke lewer waardevolle diens en voordele vir hul klante.

In dieselfde gesindheid borg hul jaarliks ‘n borgdag van Die Eiland Spa se rolbalklub. “Ons dank en waardering aan Van Heerden Apteek vir hul ondersteunende betrokkenheid,” sê Johan Scheepers, klubwoordvoerder.

Related Articles

Back to top button