Lifestyle

Tzaneense kankerlyertjie inspireer fondsinsameling

‘n Tzaneense kankerlyertjie is die inspirasie agter ‘n geldinsamelingsveldtog van die Letaba Lions-klub vir kinders met kanker.

Simoné McGaffin vertel dat haar seun Tyler (7) is in Julie twee jaar gelede tydens die covid19-ramptoestand met leukemie gediagnoseer.

“Ek onthou dit so goed want ons moes dringend toestemming kry om met hom in ‘n ambulans na die Unitashospitaal in Pretoria te jaag en die paaie was tjoepstil,” het Simoné aan die Herald vertel.

Sy sê dat Tyler is onder die sorg van twee pediatriese onkoloë geplaas en het onmiddellik met intensiewe chemoterapie begin. “Hy het deur ‘n baie moeilike tyd gegaan. Hulle noem dit die tyd van die rooi chemo,” sê sy. Tyler het gelukkig goed gereageer op die behandeling. “Wanneer jy in die diep kant ingegooi word, het jy nie ‘n keuse nie. Jy moet net vorentoe, jy doen alles vir jou kind.”

In Januarie verlede jaar het Tyler die intensiewe chemoterapie-behandeling voltooi. “Daarna het ons huis toe gekom en met sy onderhoudsprogram van drie jaar begin. Hy gaan elke maand vir bloedtoetse, kry een keer per maand chemo en ons doen elke drie maande ‘n spinale tap. Hy drink ook elke dag ‘n chemo-pilletjie.”

Lees ook: Avokado-uitvoere onder druk

Tyler het verlede jaar in September by Unicorn Preparatory begin skool gaan. “Al affekteer die chemo hom steeds, vaar hy baie goed en is ‘n inspirasie vir ons. Hy het ons geleer hoe om deur die moeilike tyd te kom,” sê Simoné. Sy vertel dat sy gesien het hoe vinnig kinders wat vir kanker behandel word, by hul omstandighede aanpas. “Hulle is regtig braaf en moedig.” Tyler is tans in remissie.

“Geen verdere kanker is sover by hom opgetel nie. Hy is gelukkig en ons is gelukkig,” sê sy. Die Lions-klub het die gesin genader om vir hulle ‘n fondsinsameling tehou.

Ons het egter besluit om die geld vir Choc (Childhood Cancer Foundation) Northern Region te skenk.” Sy sê baie van die kankerorganisasies doen baie goed, maar dat Choc ‘n organisasie is wat hule baie na aan die hart lê.

“Hulle staan talle pasiënte en hul ouers wat tans in staatshospitale behandeling ontvang, finansieel by. Hulle het selfs oornaghuise vir die
ouers.”

Die fondsinsamelingsgeleentheid, Vegas Games Night, word op 29 Julie by Rattlers gehou. Die toegangsfooi is R250 en sluit ‘n ete en musiek deur Danny Robson in. Om hierdie inisiatief te ondersteun, skakel 079 0323 342.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button