Sport

Plasie-rugby wys hulle staal in Landbouskole-toernooi

Hoërskool Merensky het die afgelope naweek gereis na Jacobsdal om deel te neem aan die GWK Landbouskole-rugbytoernooi.

Saterdag het die Plasies se eerstespan in die hoofwedstryd van die naweek teen Landboudal gespeel.
Die Plasies was teen halftyd 19-7 agter, maar hulle het in die tweede helfte terug geslaan en die wedstryd 24-19 gewen.
Reese Coetsee, Mahlatse Semosa, Phillip Ludick en Nyakala Sethaba het elkeen ‘n drie gedruk en Niel van Vuuren het twee in twee doelskoppe geslaag.
“Daar was baie goeie gees in hierdie wedstryd onder ons rugbyseuns gewees,” ertel rugby organiseerder, Steve Kruger.
Die kaptein van Merensky se eerstespan, Carl Dohse is aangewys as die speler van die wedstryd.

In die Plasies se tweede wedstryd teen die Hoër Landbouskool Marlow het hulle egter vasgeval toe die span van Marlow in die doodsnikke van die wedstryd twee drieë gedruk het. Die telling was kort voor die einde nog 21-16 in Marlow se guns, maar na die skeidsregter die eindfluitjie geblaas het was die Plasies 28-16 gefnuik.
Carl Dohse het die eerstespan se enigste drie gedruk in die kragmeting en Niel van Vuuren het drie strafskoppe en ‘n doelskop tussen die pale deurgejaag om elf punte aan te teken vir die Plasies.
“Ons o/15’s en eerstespan het hulleself goed gehandhaaf teen Marlow, wat een van die land se voorste rugbyskole is,” sluit Kruger af.

Lees ook: Vossies vat raak en verdedig puik in KES-rugbytoernooi

In die wedstryde teen Landboudal verloor die o/14A’s 29-0, wen die o/15A’s 26-17, verloor die tweedespan 52-0, wen die o/16A-span met ‘n 26-24 eindtelling en wen die eerstespan 24-19.
In die wedstryde teen Hoër Landbouskool Marlow verloor die o/14A’s 5-27, verloor die o15A’s naelskraap 13-17, verloor die tweedespan 5-43, verloor die o/16A’s 7-52 en verloor die eerstespan 16-28.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button