Sport

Dubbele wen vir Mentz by Ebenezar Myl

Meer as 150 swemmers het die Ebenezer Myl en opewater-swemkompetisie Saterdag in ‘n vol Ebenezerdam aangedurf. Die weer het goed saamgespeel en die swemmers het ‘n sonnige dag in Magoebaskloof beleef.

Die water self was egter koud en dam-branders het gesorg vir ‘n uitdagende swem. “Dit was soos om in die see te swem,” het Linda de Nysschen, wenner van die 3000m opewaterswem en naaswenner van die myl vroue 31+ afdeling gesê. Bernard Mentz het nie teruggestaan vir die swemwaters nie en het eersteplekke gevat in die myl in die mans 14-30-afdeling en ook 3000m opewaterswem.

Die myl was vir die eerste keer in 1992 aangebied en vanjaar is die 30ste herdenking van hierdie hoogtepunt op die plaaslike sportkalender gevier.

Also read: Wik-atlete swem, spin en grynslag

Die Haenertsburg Rotariërs bedank graag die volgende borge: Smit & Kie, ZZ2, Callsave, MC Brokers, The Doors Group, D Thompson, Magoebaskloof Hotel, Talisman, Tooltric, Dr. Ryszard Gorbaszewicz, CTM, Propserve, Unisave, Blueberry Heights, Westfalia, Rodney Cooper Estates, Home & Decor en Iron Crown Pub & Grill. Die uitstlae is as volg:

1 MYL DOGTERS O/13

1. Carmé Louw (36:15) , 2. Holly McHugh (40:47)  en 3. Jemima Burger (45:46)

1 MYL VROUE 14-30 1. Adri Ventes (31:15),  2. Emma Cope (31:19) en 3. Gretchen Bekker (32:42)

1 MYL VROUE 31+ 1. Pia Stewart (28:19), 2. Linda de Nysschen (30:08) en 3. Trudi Maree (32:47)

3000m VROUE 1. Linda de Nysschen (01:01:01), 2. Andri Luus (01:09:40) en 3. Anri Burger (01:11:16)

1 MYL SEUNS O/13 1. Thomas Imrie (38:50), 2. Colin Taylor (51:49) en 3. Ben Tasker (1:42:57)

1 MYL MANS 14-30 1. Bernard Mentz (26:02), 2. Jason Kok (29:19) en 3. Brad Askew (31:05)

1 MYL MANS 31+ 1. Schalk Malan (25:12), 2. Kuno Venter (28:33) en 3. Pierre Bassani (29:34)

3000m MANS 1. Bernard Mentz (55:30), 2. Kuno Venter (59:14) en 3. John Swart (01:02:55)

Related Articles

Back to top button