Local newsNews

Petro gee tweede kinderboek uit

‘n Ouma van Mooketsi het onlangs haar tweede kinderboek bekend gestel.

Petro Pieterse het sowat vyf jaar gelede van die stad na ‘n plaas op Mooketsi getrek. Sy het na haar kleinkind verlang en dit het haar geïnspireer om haar eerste boek, Plaasstories op die Plaaswerf, te skryf. In dié boek het sy aan haar kleinkind, Ethan (8) wat in die stad woon, vertel wat sy op die plaas ervaar.

Petro het nou haar tweede boek, Wimpie se Plaasavonture, by Malherbe Uitgewers uitgegee.

“Die boek is propvol opwindende stories vir jong lesers. “Wimpie is ‘n hoenderhaan en saam met sy kuikenmaatjie, Elsa, beleef hulle talle avonture op die plaas. Van snaakse motte tot ‘n kaal hoender. “Danksy Elsa se nuuskierigheid, het sy onwetend vir Oupa gehelp om die swak plekkie in sy beplanning van die visdammetjie raak te sien,” skryf ‘n resensent. Petro sê die positiewe terugvoering op haar eerste boek was genoeg om haar aan te vuur om verder te skryf. “Dit is absoluut wonderlik om te hoor hoe die kinders die stories geniet en gevra het vir nog.”

Also read: How to get your child hooked on reading books

Sy vertel sy kry haar inspirasie as sy deur die veld stap en na haar hoenders kyk. “Hulle is baie snaaks. Ek begin met ‘n idee en wanneer ek rustig raak pen ek dit neer en sien hoe dit uitdraai.” Sy sê dat wanneer sy nie by die werk is nie, hou sy van naaldwerk, maak graag groente in en natuurlik, lees! “Ek hou van romanse met ‘n Christelike inslag, of avontuur. Karen Kingsbury en Clive Cussler is meestal my gunsteling-skrywers.”

Sy hou ook van Audrey Blignaut, Herman Charles Bosman, Francine Rivers en Steven King se boeke. Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na Whattsapp by 082 339 7054 of besoek die webtuiste, www. malherbe-uitgewers. co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button