Mullies se hokkiespan bereik hul doel

Mullies spog met verskeie hokkieprestasies die afgelope seisoen.

Laerskool Muldersdrif is trots op hul hokkiespan wat ‘n goeie seisoen beleef het.

Mullies se hokkie-organiseerder, Ruben Louw, het gesê hul seuns se gemengde span (wat uit o10’s en o11’s bestaan) het eerste in hul groep geëindig en daarna deurgedring na die halfeindronde.

“Dieselfde span het toe op 27 Augustus teen Laerskool Protearif by Hoërskool Monument die stryd aangesê en met 1–0 gewen. Hulle is toe natuurlik as die ligawenners gekroon,” vertel Ruben opgewonde.

Ruben het bygevoeg dat hy uiters trots was op hul prestasies.

“Mullies se hokkiespan neem jaarliks deel aan ‘n voorbereidstoernooi naweek, superreeks, eerste spanne hokkietoer en so ook die Elite A-hokkieliga. Mullies spog ook vanjaar met 11 Gauteng-Wes D2 hokkiespelers – die meeste ooit. Ons as skool is opgewonde vir die toekoms van hokkie,” het Ruben afgesluit.

Exit mobile version