Impala se trampoliengimnaste presteer in Wynberg

Impala Trampolienklub se gimnaste het tydens die SA's in Wynberg uitgeblink en met een goue, drie silwer en een brons medalje teruggekeer.

Impala Trampolienklub het onlangs agt gimnaste aan die nasionale trampolienkampioenskappe in Wynberg laat deelneem.

Volgens hoofafrigter by die klub, Linda Coetzer, het hulle op nasionale vlak aan die dubbel mini-trampolien en Euro-trampolien dissipline deelgeneem.

Die resultate is as volg:

• Gabriel Swartz – vyfde in Euro-trampolien
• Divan Henning – goud in dubbel mini-trampolien en silwer in Euro-trampolien
• Kiara Kotze – silwer in dubbel mini-trampolien
• Stiaan Mostert – brons in dubbel mini-trampolien
• Jacques Lasseigne – silwer in dubbel mini-trampolien
• Zacko van Wyk – vierde in dubbel mini-trampolien
• Tiannette van der Walt – vyfde in Euro-trampolien en sesde in dubbel mini-trampolien

“Welgedaan gimnaste! Impala is ongelooflik trots op julle prestasies,” het Linda afgesluit.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version