Bejaardes bly fiks danksy jukskei

Talle plaaslike tehuise het teen mekaar meegeding in jukskei in Wentworth Park.

Bejaardes in die dorp geniet altyd ‘n vriendelike spel van jukskei.

Dit was duidelik nadat inwoners van die Emmanuel- en Luipaardsvlei-tehuise asook die Krugersdorpse Raad vir Bejaardesorg (KCCA) onlangs by die Golden Age Village bymekaargekom het om jukskei te speel.

Willie Steyn gooi die skei.

Mede-spanbestuurder van die wedstryd, Louise de Jager, het gesê dat jukskei ‘n sport is waar ‘n pen in die sand vasgesteek word. Die spelers se doel is dan om die pen van ‘n afstand met ‘n skei te gooi. Punte word dan getel nadat almal ‘n beurt gehad het.

Willem Louw gooi die skei.

Lees meer oor die sport op Jukskei Suid-Afrika se amptelike webwerf hier.

“Ons doen hierdie op die eerste Woensdag van elke maand. Die vriendskaplike wedstryde is belangrik om bejaardes ook fiks en aktief te hou,” het sy vertel.

Andrew Turnbull gooi die skei.

Die A-span wenners van die dag was Emmanuel Tehuis met 187 punte, die B-span wenners was Luipaardsvlei Tehuis met 158 punte en die C-span wenners was KCCA met 209 punte.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version