Gimnaste spring na nuwe hoogtes

Impala Gimnastiekklub stuur agt gimnaste SA's toe vir dubbelminitrampolien en Eurotrampolien.

Agt gimnaste van Impala Trampolienklub spring van vreugde nadat hulle deurgedring het na die SA’s.

Volgens hoofafrigter by Impala, Linda Coetzer, is dié groep gimnaste ná vier kwalifiserende kompetisies opgeneem in die span wat op 24 en 25 September in Wynberg aan die Nasionale Kampioenskappe gaan deelneem.

Wion Cordier doen ‘n sprong op die Eurotrampolien.

“Hulle gaan op die dubbelminitrampolien en Eurotrampolien meeding, op nasionale vlak wat uit verskeie elemente bestaan,” sê Linda.

Stiaan Mostert op pad om op die dubbelminitrampolien te spring.

Sy vertel verder dat sy ongelooflik trots is op die gimnaste en hul afrigter, en wens hulle net die beste toe.

Kiara Kotze doen ‘n ‘barani’ sprong.

“Onthou dat daar altyd ‘n wenner en ‘n leerder is. Daar is nooit ‘n verloorder nie,” het sy afgesluit.

Exit mobile version