Noordskool presteer in skaak

Nories se skaakleerders presteer in hul ligas.

Laerskool Krugersdorp-Noord het uitstaande skaakleerders in beide die indiwiduele en spanligas.

Norie-skaakorganiseerder Magdel Kruger het gesê twee leerders het vanjaar deurgedring na die Gauteng-finaal vir skaak.

Tiaan Fourie in aksie.

“Tiaan Fourie (o13) en Theo Fourie (o11) was die Norie-skaakspelers wat die finaal gehaal het en ons is trots om aan te kondig dat Theo die 16de plek behaal het,” het Magdel gesê.

Sy vertel verder dat hulle vanjaar weer drie spanne gehad het wat tot die D2-finaal deurgedring het waar die o11-span die tweede plek behaal het.

Theo Fourie fokus op sy volgende skuif.

“Die span sal in Oktober aan die Gauteng-finaal deelneem. Die span bestaan uit Theo Fourie, Arno Botha, Michiel van der Westhuizen, Aiden Pieters, Keagan Pienaar, Tayron Fritz en Bercharl Herbst. Ons baie trots is op hul vasberadenheid en prestasies, ” het Magdel afgesluit.

Exit mobile version