Sport

Proties se krieketsterre skyn helder in liga

Laerskool Protearif spog met hul krieketprestasies en nuwe rekord.

Laerskool Protearif kan spog met hul krieketseuns wat groot sukses in die B-liga behaal het.

In hul onlangse kragmeting teen Laerskool Rapportryer op 29 Augustus het die eerste span met 59 lopies gewen, die o11’s met 43 lopies en die o10’s met vyf paaltjies. Die o9’s het ongelukkig met vyf paaltjies verloor.

’n Trotse Proties-krieketafrigter Danie Brits het gesê die volgende spelers het uitgestaan:

• o10’s – Lee Ray Hoffman het 60 lopies gemoker van slegs 28 balle. As bouler het hy boonop drie paaltjies geneem en slegs 20 lopies afgestaan
• o9’s – Clayton Coetzee het 55 lopies gemoker van slegs 29 balle. Hy het ook twee paaltjies geneem
• o11’s – Ricardo Grobler het ‘n driekuns behaal
• o11’s – Miquel Venter het ook ‘n driekuns behaal en boonop 18 lopies gemoker (nie uit nie)
• o11’s – Olivier Ayers het 39 lopies gemoker (nie uit nie)

Pieter Bredenhann het ‘n nuwe Proties-rekord opgestel deur nege paaltjies in sy vyf boulbeurte te neem. Hy het slegs 10 lopies afgestaan.

“Dit is die beste boulsyfers in Protearif se geskiedenis,” het Danie afgesluit.

Back to top button