Opkomende rugbytalent word by Nories ten toon gestel

Kom ondersteun jong rugbytalent by Nories op 6 en 7 September.

Goue Leeus Laerskole is opgewonde om die interprovinsiale sewestoernooi by Laerskool Krugersdorp-Noord op 6 en 7 September aan te bied.

Volgens die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) spanbestuurder, Wessel Lotter, is die betrokke unies die Goue Leeus laerskoolspan, Blou Bulle, Valke, Vrystaat, Limpopo Blou Bulle en die Pumas.

Die ouderdomsgroepe, die o12- en o13-sewesspanne sal aan die toernooi deelneem om te bepaal wie die beker by die 2024 Goue Leeus Laerskole interprovinsiale toernooi gaan wen.

“Ons hoop dat die gemeenskap ons sal kom ondersteun, en die ongelooflike jong talent in Suid-Afrika wat ons eendag weer gaan verteenwoordig wanneer hulle die groen en goud dra, sal kom kyk. Ons sien uit na uitstekende rugby,” sluit Wessel af.

Exit mobile version