Monnas is Noordvaal kampioenne!

Monnas se hokkie maak geskiedenis toe beide eerste spanne die Noordvaal-toernooi wen.

Hoërskool Monument se hokkie het geskiedenis gemaak toe beide hul seuns en dogters eerste spanne die Noordvaal-toernooi gewen het.

Monnas se seuns eerste span is einde Julie as die Noordvaal-kampioene gekroon, waar hulle die beker by Hoërskool Merensky in Tzaneen geneem het.

Boitshepo Moerane gedurende ‘n wedstryd. Foto: Anika Espag.

Van 8 tot 11 Augustus het die eerste span hokkiedogters die Noordvaal-toernooi by Cornwall Hill in Pretoria bygewoon en ook gewen. Hulle het teen Ligbron Highschool deelgeneem, waar Monnas hulle met 6–0 verslaan het. Hulle het dit nou vir die tweede keer gewen; die laaste keer was in 2017.

Marseille Nel gedurende ‘n wedstryd. Foto: Anika Espag.

Monnas se hokkiehoof, Divan Geyser, sê dit is die eerste keer in hul geskiedenis waar die seuns en dogters eerste spanne albei die Noordvaal-toernooi wen.

“Monnas is baie trots op ons eerste spanne se prestasies. Die spelers het baie opofferings gemaak en pluk nou die vrugte van hul harde werk deur die jaar. Ons sien uit na wat 2025 vir Monnas-hokkie inhou,” het Divan afgesluit.

Exit mobile version