Sport

Nories spog met agt Wes-Rand sewesspelers

Nories het agt spelers in die groep wat gekies is vir die Wes-Rand sewesspan.

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots om aan te kondig dat agt seuns gekies is vir die Wes-Rand sewesspan.

Dit kom nadat Noordskool se rugbyseuns beïndruk het tydens die Wes-Rand Laerskole proewe vir o12’s en o13’s gehou by die skool.

Volgens Goue Leeus Rugby Unie (GLRU) spanbestuurder Wessel Lotter was ‘n totaal van drie o12-spanne en drie o13-spanne gekies om die Wes-Rand laerskole te verteenwoordig vir die Goue Leeus proewe op 22 en 26 Julie.

Die agt spelers wat dus in aksie sal wees vir die onderskeie Wes-Rand sewesspanne is Charl Vorster, Pieter Botes, Zander Oosthuizen, Marnus Kuun, Ruan Jansen van Rensburg, Henru van der Nest, Ricardo Rohloff en Jayton Piek.

“Ons is vreeslik trots op die agt seuns wat Nories en Krugersdorp op die hoogste provinsiale vlak gaan verteenwoordig. Ons wens hulle alle strekte en ons glo in hulle,” het Wessel afgesluit.

Back to top button