Kennies spog met trop Goue Leeus-rugbyspelers

Laerskool Kenmare het 14 rugbyspelers wat 'n Goue Leeu op hul bors dra.

Laerskool Kenmare het 14 rugbyspelers wat vir verskeie Goue Leeus-spanne gekies is.

Volgens Kennie se sporthoof Pieter du Toit, is hulle trots op die seuns se prestasies.

“Ons het drie seuns wat in die o13-Cravenweekspan opgeneem is naamlik Jano de Bruin, Janco Lubbe, Kristen Steyn. Ek gaan ook dien as die week se agterlynafrigter,” sê Pieter.

Hy het bygevoeg dat daar ook drie spelers in die o13-Cravenweek se 15-tal span opgeneem is naamlik Ian Ferns, Heinrich Pretorius en Divan Coetzee.

Verder is Triston Vorster (kaptein), Christiaan Steyn en Wian Coetzee in die Cravenweek se o13-VKB-span opgeneem, Milan Shaw en Hanno de Beer in die Cravenweek se o12 A-span, Rui de Villiers en Dreyden Greeff in die Cravenweek se o12 B-span en Ruben Bell in die Cravenweek se o12 C-span.

“Die Cravenweek en Akademie [15-tal] week was in Pretoria gewees, die o13-VKB in Frankfort en die o12-spanne in Klerksdorp. Marno Claasen is ook gekies vir die Barbarian-span wat uit ‘n klomp provinsies gekies is wat ook by die VKB week gaan speel,” het Pieter afgesluit.

Exit mobile version