Sport

Monnas domineer hokkie

Monnas is trots op hulle oorwinning en prestasie in die Wes-Rand-liga finaal.

Hoërskool Monument se seunshokkie het op 1 Junie die Wes-Rand-liga finaal teen Helpmekaar College gewen.

Volgens Monnas woordvoerder Belinda du Toit, het hul eerste seunspan eerste in die liga geplaas en bygevoeg dat hulle in die finaal 2–1 teen Helpmekaar gewen het.

“Ons o16-seuns het in 2023 die Noordvaal-toernooi gewen en ons doelwit is om hierdie jaar dieselfde te doen met ons eerste span. Ons het al 36 wedstryde hierdie jaar gespeel en ons afrigters voel dat alles nou op die regte tyd goed bymekaar kom. Ons het vanjaar net drie matriekleerders in ons eerste span. Vir so ‘n jong span om so goed te vaar is regtig merkwaardig. Ons sien klaar uit vir volgende jaar maar weet dat daar nog harde werk in 2024 voorlê,” het sy verder vertel.

Belinda het bygevoeg dat hul deurdring na die 2024 Noordvaal-toernooi as die nommer een span in die Wes-Rand. Die toernooi vind by Hoërskool Merensky in Tzaneen tussen 25–27 Julie plaas.

“Hierdie seunspan is die produk van jare se harde werk om Monnas se seunshokkie op ‘n plek te kry waar ons teen die beste skole kan meeding. Ek glo daar is nog groot dinge op pad vir seunshokkie by Monnas,” het sy afgesluit.

 
Back to top button