Sport

Kennies in die top 5 by Super 12

Kennies hou hul naam hoog en dring deur na finaal by die Super 12.

Laerskool Kenmare het onlangs die Super 12 uitdunningswedstryde aangebied waar hulle Laerskool Rustenburg en Laerskool Constantiapark verwelkom het om hul kragte in beide rugby en netbal te meet.

Op 6 April het Kenmare se o10A, o11A, o12A, o13A netbalspanne, en hul o9A, o10A, o11A, o13A rugbyspanne aanbeweeg na die Super 12-finaal wat by Camp Discovery op 11 April plaasgevind het.

Kenmare se o9A-rugbyspan het teen Laerskool Hennopspark en Laerskool Vastrap gewen, waar hulle vyfde geëindig het. Die o10A-span het negende geëindig na hul wedstryde teen Laerskool Orion en Laerskool Pietersburg-Oos. Die o11A-span het ongelukkig teen Laerskool Wierdapark en Laerskool Kruising verloor, en net-net die podium gemis en vierde geëindig. Die eerste span het by die uitspeelwedstryde teen Wierdapark verloor met 19–31, maar teen Kruising gewen met 31–10, waar hulle die podium behaal het, en derde by die Super 12 geëindig het.

By die netbal het Kenmare se o10A-span teen Laerskool Hennopspark en Laerskool Stephanus Roos kragte gemeet en 10de geëindig, waar die o13A-span teen dieselfde skole 11de gekom het. Die o12A-span het teen Laerskool Orion en Hennopspark gespeel en vyfde geëindig. Die o11A-span het Kennies trots gemaak en Hennopspark gewen met 12–10, waar hulle aanbeweeg het na die finaal teen Laerskool Randhard en met ‘n naelbyt 9–11 verloor het. Die o11A-span het geskiedenis gemaak en tweede geplaas by die Super 12 reeks.

Laerskool Kenmare se rugby het oor die algeheel vierde geëindig, waar die netbal sewende was. Kennies is trots dat hul vyfde by die gesogde Super 12-reeks geëindig het.

“Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees,” sê Pieter du Toit, sporthoof by Kenmare.

Back to top button