Sport

Mullies wys hul staal op atletiekveld

Mullies se atlete is witwarm hierdie seisoen en is verskeie persoonlike beste afstande en tye bereik.

Meer as 20 atlete van Laerskool Muldersdrif, inlsuitend vier van hul aflosspanne, het gekwalifiseer om onlangs aan die Gauteng Kampioenskappe in Boksburg deel te neem.

Volgens Mullies se atletiek-organiseerder Elra Blacquiere werk hul atlete besonders hard hierdie seisoen en ‘pak elke byeenkoms aan met oorgawe’.

Mullies se o11-seuns aflosspan is Franco Gibhard, Evert van der Merwe, Luan Wohlfahrt en Jeorge Pretorius.

Boonop het 32 atlete van Mullies aan 46 items deelgeneem tydens die D2 atletiekkampioenskappe.

Mullies se o12-dogters aflosspan is Kiara Rossouw, Mieke vd Merwe, Chaylen Springer en Arhiel Botha.

“Verskeie persoonlike beste afstande en tye is bereik tydens die kampioenskappe. Ons is trots op elke Mullie!” het Elra afgesluit.

Mullies se o11-dogters aflosspan is Anouk Duif, Inge Grobbelaar, Isabella Minnie en Mieke Pitout.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button