Pluimbalspelers presteer in Kaapstad

Twee provinsiale Pluimbalspelers van Wes-Rand na SA’s in Kaapstad.

Gerhard Venter en Dean Conradie is onderskeidelik gekies vir die A en B Suid-Gauteng provinsiale Pluimbal-spanne wat die afgelope skoolvakansie in Kaapstad aan die o15 Suid-Afrikaanse Pluimbal kompetisie deelgeneem het.

Beide spelers is sedert 2022 deel van Wes-Rand Pluimbalklub en volgens hul afrigter, Reaan Immelman, het 11 provinsiale spanne aan die spankompetisie asook enkels- en dubbels kompetisie deelgeneem.

Lees ook: Enter now for this year’s Cradle Road Race

Gerhard wat deel was van die Suid-Gauteng A-span het ‘n silwermedalje ingepalm vir die spankompetisie. Hy was ook ‘n semifinalis in die enkels-kompetisie van die Plaat-afdeling.

Lees ook: Tweede plek vir skut Kyle by SA’s

Dean was aangewys as kaptein van die Suid-Gauteng B-span en hulle het ‘n vyfde plek behaal na ‘n spog oorwinning oor ‘n sterk Noord-Kaap-span.

Pluimbal word aangebied by Key West Action Sports op Maandae vanaf 17:30 tot 19:00 en Woensdae vanaf 17:30 tot 18:30. Kontak gerus vir Reaan by 083 799 2478.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version