KidsLocal newsPrimary SchoolSchool sportSport

Nories krieketseuns gereed om sesse vir Gauteng te slaan

Drie krieketseuns van Laerskool Krugersdorp-Noord is tot die o12 Gauteng-streekspan verkies terwyl een seun die o13 Gauteng-span gehaal het.

Laerskool Krugersdorp-Noord is baie trots op hul krieketseuns wat onlangs verskeie Gauteng-spanne gehaal het.

Etienne Joubert, Eduard Maritz en Dihan Grové van Laerskool Krugersdorp-Noord wat die o12 Gauteng-streekspan gehaal het. By hulle staan Johann Harding, hul afrigter.

Johann Harding, die eerstespan krieketafrigter het gesê dat hul seuns die jaar baie krieket gespeel het en toe gestuur is om deel te neem aan die Krugersdorp- en Gauteng-Wes-proewe.

Die Gauteng-Wes spanne speel in ‘n toernooi teen ander Gauteng spanne. Tydens vanjaar se Gauteng-Wes toernooi was daar keurders wat seuns geïdentifiseer het om aan die Gauteng-span en Gauteng-streekspan se proewe deel te neem.

Drie van die seuns Etienne Joubert, Eduard Maritz en Dihan Grové van Laerskool Krugersdorp-Noord is tot die o12 Gauteng-streekspan verkies terwyl Iwan Oosthuizen gekies is vir die o13 Gauteng-span.

Die seuns sal in November in ‘n toernooi teen ander streke deelneem.

“Noordskool is trots op ons krieketseuns!” het Johann gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button