Mullies-atlete laat die rekords spat by Ruimsig

Laerskool Muldersdrif-atlete het agt rekords verbeter tydens 'n Top 20 atletiekbyeenkoms in Ruimsig.

Atlete van Laerskool Muldersdrif het onlangs die rekords laat spat by ‘n Top 20-atletiekbyeenkoms gehou in Ruimsig.

‘n Totaal van 26 skole het op 15 Oktober by die Ruimsig Atletiekstadion bymekaargekom om hul staal te wys. By die byeenkoms het Mullies agt rekords verbeter. Die baan- en veldatleet van die byeenkoms was boonop ook twee leerders van die skool.

Laerskoll Muldersdrif se Kiara Rossouw is aangewys as die veld atleet by die top 20 atletiek byeenkoms nadat sy twee rekords verbeter het.

Laerskool Muldersdrif het algeheel 11de geëindig uit die 26 skole en hul atletiekspan het bestaan uit Mikaylee Oberholzer, Damian Viljoen, Jeorge Pretorius, Inge Grobbelaar, Tiani du Toit, Aldré Wohlfahrt, Lea Hattingh, Kevin Fraser, Mieke van der Merwe, Kiara Rossouw, Morgan Payne, Luan Johannes, Keagan Murphy en Renchke Pienaar.

Mieke van der Merwe van Laerskool Muldersdrif is aangewys as die baanatleet van die Top 20 atletiekbyeenkoms en het drie rekords verbeter.

Die rekordbrekers was Aldré Wohlfahrt (o11-verspring); Mieke van der Merwe (70m-, 80- en 100m hekkies); Mikaylee Oberholzer (80m vir o7’s). Dan het Luan Johannes die o11 hoogspring rekord verbeter en Kiara Rossouw die o10 verspring- en gewigstootrekords.

DIe leerders van Laerskool Muldersdrif wat rekords by die top 20 atletiekbyeenkoms laat spat het is Aldré Wohlfahrt, Mieke van der Merwe en Mikaylee Oberholzer. Agter is Luan Johannes en Kiara Rossouw.

Die veldatleet vir die byeenkoms was Kiara Rossouw wat twee rekords vir die o10 verspring en gewigstoot verbeter het terwyl Mieke van der Merwe as die baanatleet van die byeenkoms uitgewys is nadat sy die drie rekords verbeter het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version