Local newsLocal sportSchoolsSport

Krugersdorp Oos gemeente hou suksesvolle gholfdag

Elke jaar hou die NG Krugersdorp Oos gemeente ‘n gholfdag om geld in te same vir hul verskeie liefdadigheidsprojekte en hierdie jaar se gholfdag was weereens ‘n reuse sukses.

Die NG Krugersdorp Oos gemeente het onlangs weer hul jaarlikse fondsinsamelings gholfdag gehou wat ‘n reuse sukses was.

Volgens Martie Dreyer van die gemeente hou hulle elke jaar die gholfdag om geld in te samel vir hul verskeie liefdadigheidsprojekte. Die projekte word deur die loop van die jaar aan die gemeenskap gebied.

Die dag is op Dinsdag, 20 September by die Krugersdorp Gholfbaan aangebied en Martie het vertel dat hulle elke jaar skole van die gemeenskap uitnooi om te gaan deelneem. Hulle bied dan ook die Groot Uitdaagbeker vir skole op die dag aan. Hierdie is ‘n kompetisie vir net die skole wat dan sommer saam met die gholfdag aangebied word.

In vorige jare was dit Hoërskool Monument wat die trofee huistoe gevat het maar hierdie jaar het Laerskool Kenmare stof in die ander skole se oë geskop.

Die skole wat deelgeneem het was Laerskool Protearif, Laerskool Kenmare en Hoërskool Monument.

Vanjaar het 104 spelers die kerk se gholfdag ondersteun.

Elke deelnemer het ook tydens die prysuitdeling ‘n prys ontvang en daar was 10 gelukkige trekkings en een van die hoofpryse was ‘n koopbewys van R5 000.

Back to top button