Local newsLocal sportSport

Mapogo help gemeenskap deur liefdadigheidsgholfdag

Deur hul gholfdag het Mapogo R10 000 aan 10 verskillende organisasies gegee.

Mapogo se liefdadigheidsgholfdag was ‘n heerlike sonskyndag waar vriende, vennote en gholfentoesiaste saam gekom het vir ‘n goeie doel.

Die gholfdag was onlangs by die Krugersdorp Gholfklub op Donderdag, 13 Oktober gehou waar talle spelers bymekaar gekom het.

Een van die organiseerders Dewald Naudè het vertel dat dit hul eerste gholfdag was. Mapogo, ‘n sekuriteitsmaatskappy, is die jaar 10 jaar oud en het gewag vir ‘n mylpaal voor hulle die gholfdag aangebied het.

“Ons het 10 organisasies gekies, en ons gee R100 000 weg, R10 000 vir elke organisasie vir ons 10 jaar diens. Die organisasie bestaan uit ouetehuise, kinderhuise, vroue- en kinder skuilings en dieres kuilings in Randfontein en Krugersdorp.”

Hy het gesê hulle het besluit om dit te doen want hulle kan niks doen sonder die gemeenskap nie.

“Ons gee terug vir die gemeenskap en ons het ons kliënte en besigheidskliënte betrokke gekry om die gemeenskap en liefdadigheids ding te doen wat ons Mapogo Care noem”.

Volgens Dewald gaan dit alles om organisasies te help om te kan groei en mense te kan help wat sukkel.

Hy het gesê dat hierdie gholfdag hul eerste een is van vele en hul beplan reeds volgende jaar se gholfdag.

“Ons was 33 vierballe en dit was ‘n reuse sukses gewees.”

Chemonè Landman, Marisse Huysamen, Chatell Spangenberg en Elmari Huysamen.
Johan Cronje en Marnus van der Merwe.

 

Back to top button