o.13-Cravenweek (Dag 2): Boland, Leeus, Pumas, Valke, WP en Haaie bly op wenpad

Jongste volledige uitslae op dag twee van die nasionale Cravenweek vir o.13's gehou by Monnas asook die bepalings vir Donderdag, 30 Junie.

Die Boland, Leeus, Pumas, Valke, WP en Haaie is steeds onoorwonne in vanjaar se nasionale Cravenweek vir o.13’s.

Op dag twee van die toernooi (Dinsdag, 28 Junie) het die Pumas eerstens gemaklik 43–5 met Zimbabwe afgereken terwyl die Valke ook hul vlerke gesprei het deur Namibië op ‘n drafstap 40–0 te klop.

Lees ook: Cravenweek o.13’s (Dag 1): WP en Leeus te goed, Bulle val net-net vas teen Griquas

Die Haaie het later in die dag effens geswoeg en gesweet om 31–20 teen SWD te seëvier. Dieselfde kan ook gesê word van die WP en Goue Leeus wat baie harder moes werk as op dag 1 toe hulle onderskeidelik die OP 24–5 en die Blou Bulle 19–15 geklop het.

Die Blou Bulle soek nog hul eerste oorwinning in vanjaar se Cravenweek.

Die Vrystaat, Limpopo Blou Bulle en Grens is almal weer terug op die wenpad nadat hulle die knie op dag een moes buig. Hul uitslae is hieronder.

Die dag is afgesluit met ‘n skittervertoning deur Boland wat vyf drieë teen Griekwas gedruk het om gemaklik 37–0 koning te kraai.

Daar is geen wedstryde op Woensdag, 29 Junie nie maar die aksie sal op Donderdag hervat word.

Die WP se 24–5 oorwinning teen OP was hul tweede in die toernooi. Die wit-en-blou hoepels is tans tesame met die Boland, Leeus, Pumas, Valke en Haaie onoorwonne.

Donderdag, 30 Junie se bepalings is as volg:

A-veld:

• 08:00: Griffons teen Grens (Border Country Districts)
• 09:00: OP teen Vrystaat
• 10:00: Grens teen Luiperds
• 11:00: Valke teen Limpopo Blou Bulle
• 12:00: Blou Bulle teen SWD
• 13:00: Griekwas teen Pumas
• 14:00: Goue Leeus teen WP
• 15:00: Zimbabwe teen Namibië
• 16:00: Boland teen Haaie

B-veld:

• 08:00: Limpopo Blou Bulle XV teen Namibië XV
• 09:00: SWD XV teen Valke XV
• 10:00: Goue Leeus (Courage) teen Luiperds XV
• 11:00: Blou Bulle XV teen Griffons XV
• 12:00: Haaie XV teen OP XV
• 13:00: Goue Leeus XV teen WP XV
• 14:00: Pumas XV teen Boland XV

‘n Boland-losvoorspeler gooi sy hande in die lug nadat die skeidsregter sy fluitjie geblaas het.

Volledige uitslae tot dusver in die Cravenweek vir o.13’s is as volg:

Dag 2 (28 Junie):

A-veld:

• Griffons 5–50 Grens
• Vrystaat 22–8 Luiperds
• Pumas 43–5 Zimbabwe
• Valke 40–0 Namibië
• Limpopo Blou Bulle 50–0 Grens (Border Country Districts)
• SWD 20–31 Haaie
• WP 24–5 OP
• Goue Leeus 19–15 Blou Bulle
• Boland 37–0 Griekwas

B-veld:

• Goue Leeus (Courage) 19–19 Grens
• SWD 35–0 Namibië
• Luiperds 10–24 Valke
• Pumas 28–10 Griffons
• Goue Leeus 7–17 Blou Bulle
• WP 29–22 OP
• Boland 21–17 Haaie

Dag een (27 Junie):

A-veld:

• Zimbabwe 41–0 Grens (Border Country Districts)
• Luiperds 24–0 Namibië
• Pumas 23–19 Border
• Valke 17–15 Vrystaat
• Haaie 39–17 Griffons
• SWD 15–17 Boland
• Blou Bulle 24–26 Griekwas
• WP 67–5 Limpopo Blou Bulle
• Goue Leeus 41–5 OP

B-veld:

• SWD 0–29 Pumas
• Haaie 10–19 Griffons
• WP 59–0 Limpopo Blou Bulle
• Lions 29–19 OP
• Boland 19–17 Blou Bulle
• Valke 15–12 Goue Leeus (Courage)
• Luiperds 22–5 Namibië

Exit mobile version