Cravenweek o.13’s (Dag 1): WP en Leeus te goed, Bulle val net-net vas teen Griquas

Die Leeus en die WP het amok gemaak op dag een van die nasionale Cravenweek vir o.13's, terwyl die Griekwas die Blou Bulle verras het.

Die Goue Leeus en Westelike Provinsie se A-spanne het albei wegholoorwinnings behaal en daarmee waarskuwings aan die ander spanne gerig op dag een van die Cravenweek vir o.13’s op Maandag, 26 Junie.

Die WP het gemaklik vir Limpopo Blou Bulle 67–5 afgeslag terwyl die Leeus 41–5 met die Oostelike Provinsie afgereken het. Dit was ook die hoofwedstryd aangesien die Leeus die gasheer is.

Also read: Craven Week is back in town after 15 years!

Die agterlyn was net te goed vir die wit-en-blou hoepels van die Oos-Kaap en die vleuel Canaan Eksteen het drie van sy span se 11 drieë gedruk. Vir die Leeus was dit die voorspelers wat amok gemaak het, en die meneer van ‘n slot Hanko van Geelen asook sy medelosvoorspeler Ruan Bester was ‘n doring in die Olifante se vlees. Hanko is ook as die Speler vir die Dag aangewys.

Hanko van Geelen, slot van die Leeus.

Die Haaie A-span het ook beïndruk met ‘n 39–17 sege oor Griffons, terwyl Zimbabwe en die Luiperds ook gemaklik gewen het.

Daar was twee verrassings, waarvan die grootste seker die Griekwas se naelbyt 26–24 oorwinning oor die Blou Bulle was. Die poubloues was teen halftyd 19–5 agter en het drie drieë in die tweede helfte gedruk – waarvan een in die doodsnikke was – om die manne van Pretoria te klop. Die Valke het ook ‘n opskudding veroorsaak deur 17–15 oor die Vrystaat te seëvier.

Volledige uitslae vir 27 Junie (A-veld):

• Zimbabwe 41–0 Grens (Border Country Districts)

• Luiperds 24–0 Namibië

• Pumas 23–19 Grens

• Vrystaat 15–17 Valke (*Uitslag aangepas)

• Haaie 39–17 Griffons

• SWD 15–17 Boland

• Griquas 26–24 Blou Bulle

• Westelike Provinsie 67–5 Limpopo Blou Bulle (*Uitslag aangepas)

• Goue Leeus 41–5 Oostelike Provinsie

Vandag (Dinsdag, 28 Junie) se bepalings is as volg:

A-veld:

08:00 – Griffons teen Grens

09:00 – Vrystaat teen Luiperds

10:00 – Pumas teen Zimbabwe

11:00 – Valke teen Namibië

12:00 – Limpopo Blou Bulle teen Grens (Border Country Districts)

13:00 – SWD teen Haaie

14:00 – WP teen OP

15:00 – Goue Leeus teen Blou Bulle

16:00 – Boland teen Griekwas

B-veld:

08:00 – Goue Leeus (Courage) teen Limpopo Blou Bulle

09:00 – SWD teen Namibië

10:00 – Luiperds teen Valke

11:00 – Pumas teen Griffons

12:00 – Goue Leeus teen Blou Bulle

13:00 – WP teen OP

14:00 – Boland teen Haaie

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version