Local sportSport

Rofstoei-afrigting nou ook in Krugersdorp

'n 30-jarige het sy eie rofstoeiklub by die Action Sports Arena by Key West Winkelsentrum geopen en hy nooi alle belangstellendes ouer as 18 uit om die fyner kunsies van rofstoei by hom te kom leer.

Laat die naam The Rock jou dink aan stoei eerder as aan films? By die nuwe National Wrestling Federation (NWF) Stoeiklub kan jy ook leer hoe om ‘n wêreldklas-rofstoeier te word.

Die 30-jarige Juandré Ward kan nog die dag onthou toe hy in die klas moes vertel wat hy wou word as hy eendag groot is. Sy antwoord is vandag nog dieselfde … ‘n rofstoeier.

Juandré was vasbeslote om sy droom te bewaarheid en het met rofstoei begin toe hy 16 was. Hy moes ongelukkig in 2018 sy droom prysgee nadat hy beseer is, maar hy wil steeds ander help om hul kleintyddrome te bewaarheid.

Gedurende sy rofstoeiloopbaan het hy in 2015 die Tag Team-titel saam met rofstoeier Loudmouth gewen en in 2018 het hy as wenner by die Suid-Afrikaanse Swaargewig Rofstoeikampioenskappe weggestap.

Adriaan Harding (The Dark Crow) kry ‘n hou van Juandré Ward in die rofstoeikryt. Foto: Natasha Pretorius.

Hy het nou sy eie rofstoeiklub by die Action Sports Arena by Key West Winkelsentrum geopen en hy nooi alle belangstellendes ouer as 18 uit om die fyner kunsies van rofstoei by hom te kom leer. Een van die lede van sy klub is die nasionale rofstoeier, Adriaan Harding wat in rofstoeikringe bekend staan as The Dark Crow.

Juandré het vertel dat mens dissipline en selfbeheersing moet hê om ‘n rofstoeier te word, en dat die sport jou help met karakterontwikkeling. Mens moet fiks wees vir rofstoei maar nie noodwendig besonder sterk nie, hoewel krag voordelig is.

Hulle oefen op Maandae en Woensdae van 17:00 tot 20:00, en op Saterdae van 09:00 tot 11:00. Hulle is op soek na mans en vroue wat hul passie vir rofstoei deel om by die klub aan te sluit.

Indien jy belangstel in ‘n rofstoeiloopbaan kan jy vir Juandré kontak by 074 497 4661.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button