School sportSport

Nories looi Marais Viljoen: ‘Ons beleef van ons beste jare’ – afrigter

Hoërskool Noordheuwel se rugbyspanne het vir die tweede agtereenvolgende naweek skoonskip gemaak. Dié keer was Marais Viljoen die slagoffer.

Hoërskool Noordheuwel beleef tans van die beste rugbyjare in hul geskiedenis.

Die skool se onlangse uitslae in die Noord-Vaal Bekerafdeling teen groot en erkende rugbyskole spreek boekdele. Teen HTS Middelburg op 4 Junie het Nories dit 10 uit 10 gemaak en al hul kragmetings gewen – van die Ratels (o.8’s) regdeur tot die eerstespan wat 44–7 geseëvier het. ‘n Week later, op Saterdag 11 Junie, maak Nories ook skoonskip teen Marais Viljoen. Dié keer was dit nege uit nege met die eerstespantelling ‘n allemintige 50–8. Dit was hul laaste tuiswedstryd vir die jaar en hulle het beslis nie teleurgestel nie.

Nories speel egter weer na die Junie-vakansie nog drie Noord-Vaalwedstryde naamlik teen Waterkloof (in Julie), Garsfontein en Monument, asook ‘n vriendskaplike wedstryd teen Glenwood.

Ettienne Smit van Nories se o.16A-span storm voort.

Na vier rondtes in die Noord-Vaal Beker-afdeling lê Nories se eerstespan derde na Garsfontein en Dr EG Jansen. Helpmekaar is vierde, Waterkloof vyfde en Nories se aartsvyande Monument sesde gevolg deur Menlopark (sewende), HTS Middelburg agtste en Marais Viljoen negende.

WP Laidlaw, Nories se adjunkhoof van sport het gesê, “Ons is beslis geseënd en dit gaan baie goed met ons sport in die algemeen”.

Jenemo Luiters in aksie vir Nories se o.16A-span.

Tydens vanjaar se PUK Prestige Reeks was dit net goud waar jy kyk vir Nories se sportspanne. As algehele wenners het al die skool se hokkiespanne die eindstryde gehaal, waarvan ses goud verwerf het. Die skool se netbalspanne het ook nie op hulle laat wag nie. Agt uit die tien spanne het medaljes verower waarvan drie goud is. Nege rugbyspanne het ook almal goud verwerf.

Ons doel was om weer die PUK Reeks te wen, wat ons wel gedoen het. Verder is die doel dat ons minstens twee van ons spanne in die uitspele kan kry, wat op die oomblik heel moontlik lyk.”

Hy het bygevoeg die hoogtepunte vir Nories se eersterugbyspan beslis die suksesvolle verdediging van die PUK Reeks-trofee, hul deelname aan die Noord/Suid-toernooi by Affies, en hul spogoorwinning teen Helpmekaar Kollege met 24–18 was.

Jade Muller van Nories se o.16A-span skop pale toe.

Hy skryf die sukses toe aan ‘n kombinasie van kragtige voorspelers en blitsige agterlynspelers tesame met die kookwaterverdediging.

Dit laat die span in al die wedstryde opwindende, harde rugby speel. As skool beleef ons van die beste jare in ons geskiedenis, en alles is in plek om te verseker dat ons van krag tot krag sal gaan in die komende jare,” het WP afgesluit.

Die volledige uitslae teen Marais Viljoen is as volg:

• o.14B: Nories 31–5 Marais Viljoen
• o.14A: Nories 64–0 Marais Viljoen
• o.15B: Nories 24–5 Marais Viljoen
• o.15A: Nories 26–14 Marais Viljoen
• o.16B: Nories 26–7 Marais Viljoen
• o.16A: Nories 21–9 Marais Viljoen
• Derdespan: Nories 60–10 Marais Viljoen
• Tweedespan: Nories 52–7 Marais Viljoen
• Eerstespan: Nories 50–8 Marais Viljoen

Na vier rondtes in die Noord-Vaal Beker-afdeling lê Nories se eerstespan derde na Garsfontein en Dr EG Jansen.
Mathew Ganame, Nories-eerstespanvleuel duik oor vir sy span eerste drie.
Coen-lee Koekman, Nories se eerstespanskrumskakel duik oor in die hoek vir een van sy span se sewe drieë.

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Check Also
Close
Back to top button