Vuur is sommer speletjies in dié kompetisie

Brandweerman wen brandweerkompetisie drie keer.

‘n Brandweerman wat skerts dat hy sy loopbaan gekies het omdat die kantoorlewe nie vir hom bedoel is nie het onlangs ook ‘n eerste plek in die vierde jaarlikse South African Emergency Care Firefighter Challenge en Rescue Challenge in Modderfontein verower.

Dit is die derde keer dat Manie Gouws, ‘n brandweerman van Krugersdorp-Noord dié Firefighter Challenge wen – hy het dit in 2007 en 2009 ook gewen.

Manie het vir die individuele kategorieë van elkeen van die kompetisies ingeskryf.

Vir die Firefighter Challenge moes hy die soepelheidoefeninge slaag deur ‘n 21kg-brandslang vyf verdiepings op te dra en dan weer af te hardloop om ‘n metaalboks met ‘n 75kg-hamer te slaan. Daarna moes hy om ‘n reeks keëls en met ‘n vol brandslang hardloop.

Gedurende die Rescue Challenge moes Manie ‘n ‘brandweerman’ – ‘n 80kg-pop genaamd Oscar Rescue Randy – help wat in nood verkeer het, en moes die pop 30 meter ver sleep. Hy is met ‘n asemhalingsapparaat en ander toerusting toegerus, geblinddoek en moes deur hindernisbane asook ‘n tonnel van drie meter beweeg om Oscar te red.

Exit mobile version