Letters

BRIEF: Lewe in die kinderhuis

Die uitvoerende hoof van 'n bekende welsynsorganisasie vertel die gemeenskap van 'n dag in die lewe van 'n kind by hul kinderhuis.

• Gert Jonker, Bethany House Trust se uitvoerende hoof skryf:

Ek verlang na my ma …

Met dié kom die stortvloed trane. Die seunslyfie ruk soos hy huil. Eers effe, maar later soos ‘n laatmiddag hoëveld donderstorm.

Al wat ek kan doen is om hom vas te hou totdat die weerstand smelt en hy later uitgewoed stil raak. Niks wat ek sê kan sy seer beter maak nie. G’n beloftes of mooi woorde kan sy ma terugbring nie. Of môre se bang wegvat nie. Ons sit maar net vir ‘n wyle so saam op die mat is sy kamer, rûe teen die muur, elkeen met sy eie spoke.

Tussen die ‘klaar-gehuil-snikke’ en draakasem deur besef ek opnuut hoe moeilik dit vir ons kinders is wanneer hulle kinderhuis toe kom. Ek het effe afgestomp geraak as ek eerlik moet wees. Na duisende kinders oor meer as twee dekades skop ‘self preservation’ meer in om my ‘self’ te beskerm.

Die seun se hartseer vanaand herhinner my egter dat ek sawwerig moet wees … hy het nodig dat ek teenwoordig moet wees. Ook moet verstaan, omgee, troos en vashou. Wanneer die tyd reg is sal hy laat los. Partykeer gebeur dit vinnig.

Ander kere vat dit maande of selfs jare. Dis waar die ‘self preservation’ inkom. Mens kan net soveel kruiwaens hartseer stoot. Dan moet jy rus. Die ander seuns wie ‘n eerbiedige afstand gehou het tydens die storm het almal eens op ‘n tyd teen dieselfde storms baklei toe hulle kinderhuis toe gekom het.

“Kom speel Xbox saam met ons,” sê die een. “Wil jy my noedels met my deel?” vra ‘n ander.

Een van die amper groot seuns vryf die seun se hare deurmekaar. Geen woorde nie. Niks is nodig nie. Hulle verstaan …

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button