OPINIE: ‘Jou uitkoms kom’ – pastoor

'Vat ‘n oomblik en word stil sommer net daar waar jy is. Praat met God oor jou bekommernisse en gee dit alles vir hom'.

Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof en pastoor skryf:

Om te volhard beteken om aan te hou selfs wanneer ons liggaam en siel nie kans sien om aan te gaan nie. Wanneer ons moeg, moeg is. Wanneer ons planne uitgeput is. Geloof om te volhard beteken dan juis dat ons vir God moet vertrou met ons lewe.

Also read: LETTER: Thank you for your service, Pastor Mes

As gelowiges is ons lewe in die hand van ons Here. Dit is soos ‘n pyl en boog in die hande van ‘n boogskut. God mik vir iets wat ons as gelowige op daai oomblik nie kan raak sien nie. Selfs wanneer ons vir God vra hoekom ons so gerek word dan hou God aan rek tot dat God sy doel vir die situasie of ons lewens bereik word. Wanneer dit gebeur dan vuur die pyl in die regte rigting en ons verstaan hoekom ons die pad moes stap.

Die Bybel sê vir ons in 1 Korintiërs 10:13 dat die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom.

Also read: LETTER: Pastor’s happily ever after, healthy marriage tips

God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.

As jy jouself nou in ‘n onsekere tyd bevind weet dat God in beheer is van jou lewe. Niks wat jy nou deur gaan verbaas vir God nie. Hy is daar saam met jou. Hy sal die pad saam met jou stap. Hy sal jou bemoedig. Hy sal jou versterk. Hy sal vir jou ‘n weg maak, selfs wanneer jy voel dat dit die einde van die pad is. God sal jou nie die steek laat nie. Dit wat die vyand van jou gesteel het sal God weer terug vir jou besorg. Hy sal jou hartseer weer in blydskap verander.

Vat ‘n oomblik en word stil sommer net daar waar jy is. Praat met God oor jou bekommernisse en gee dit alles vir hom. Vra die Heilige Gees om vir jou vrede te kom gee. Jou uitkoms kom. Volhard en sien God se perfekte plan vir jou lewe.

Exit mobile version