Vier Paasfees saam met jou kinders

'Gebruik die Paasfees as ‘n geleentheid vir die hele familie en skep ‘n nuwe tradisie waar julle dalk die Paasverhaal opvoer, teken, vertel of selfs op ‘n ander kreatiewe maniere uitbeeld.'

• Kyle Tolman, Cross Connect Community Outreach (CCCO) se uitvoerende hoof skryf:

Elke April klokslag, word al die harte vervang met paashase en -eiers. Almal in vervoering tussen sjokolade of sagte hase. Nuus resensies lui self oor watse “brand” die lekkerste paaseiers verskaf!

Lees ook: Budget-friendly family Easter weekend getaways: Part 3

Die vraag is: Weet ons steeds waaroor Paasfees gaan? Jesus het vir ons gesterf! Ons moet dit nie net aan ons kinders vertel nie, maar ook daagliks uitbasuin waar ons gaan! Ons moet leef met die wete dat God gesterf en weer opgestaan het.

Paaseiers en -hase is opwindend en sorg vir ure se vermaak maar dit is baie belangriker om jou kinders te leer dat Jesus vir ons gesterf het. Dat God ons so lief gehad het dat Hy, Sy enigste gebore Seun gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê (Johannes 3:16).

Lees ook: Yeah – it is Easter, let’s hit the road!

Die waarde wat ons as ouers heg aan Paasfees is wat ons kinders gaan beleef en glo. As ouers skep ons ‘n verwagting en opwinding onder ons kinders oor die waarde van Paasfees. Wat sal jou kinders se antwoord wees as jy vra wat eerste was, die haas of die eier? Sal hulle weet dat dit Jesus was?

Prioritiseer Paasfees hierdie jaar. Maak die Paasfees lekker en interessant. Gebruik die Paasfees as ‘n geleentheid vir die hele familie en skep ‘n nuwe tradisie waar julle dalk die Paasverhaal opvoer, teken, vertel of selfs op ‘n ander kreatiewe maniere uitbeeld.

Laat pa die Bybel nader trek en lees die verhaal. Bid saam of noem iets waaroor julle dankbaar is. Dit gaan nie oor die aktiwiteit nie maar wel oor die kwaliteit tyd wat julle as gesin saam kan spandeer. Dit is die tipe goed wat kinders altyd sal onthou.

My gebed is dat ons opnuut die waarde en liefde van Paasfees beleef en uitleef.

Exit mobile version