BRIEF: Stop onwettige immigrante en mynbedrywighede in Krugersdorp

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Elias Mawela, gevra om die saak ernstig te benader en alle rolspelers te betrek om 'n einde te maak aan onwettige mynbedrywighede en gepaardgaande misdaad aan die Wes-Rand.

• Kobus Hoffman, VF Plus LPW Gauteng skryf:

Die VF Plus was op 1 Augustus deel van verskeie politieke partye wat voor die Krugersdorp-landdroshof saamgekom het as deel van ‘n protesaksie teen onwettige immigrante, mynbedrywighede en misdaad.

Die protesaksie het plaasgevind tydens die verskyning van meer as 80 onwettige immigrante wat die Immigrasiewet oortree het.

Lees ook: LETTER: West Village gang rape ‘a senseless and barbaric act by men’

Mense kon ook ‘n griefskrif van die VF Plus onderteken om onwettige mynbedrywighede in Mogale City Plaaslike Munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) te laat stopsit.

Die VF Plus het by verskeie geleenthede die polisie gevra om te help met misdaadvoorkoming in West Village buite Krugersdorp, waar onwettige mynbedrywighede plaasvind en verskeie mense reeds in skietvoorvalle gewond is.

In die jongste voorval is ‘n groep vroue verkrag en beroof wat besig was met die verfilming van ‘n musiekvideo by mynhope in West Village.

Die VF Plus het tydens ‘n oorsigbesoek aan die Wes-Rand verlede maand die mynhuise gevra vir beter veiligheid by ongebruikte skagte.

Swaar gewapende myners wat onwettig goudstof na die oppervlak bring en misdade pleeg, kan nie langer toegelaat word nie. Die polisie sal ernstig moet optree en onwettige immigrante vanuit buurlande stop.

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Elias Mawela, gevra om die saak ernstig te benader en alle rolspelers te betrek om ‘n einde te maak aan onwettige mynbedrywighede en gepaardgaande misdaad aan die Wes-Rand.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version