LettersOpinion

Die perfekte leuen

Lorette Beyleveld van Krugersdorp skryf:

Ek het ook soos Jeff Denson (Disgusted with judge’s decision, 14 November uitgawe van die news) menige vrae en bekommernisse oor die Oscar-saak.

Ek het van die begin af geweet dat hierdie die perfekte leuen van die eeu is en dit het slegs R16 miljoen gekos om te probeer ontrafel.

As enige persoon nog twyfel, verduidelik vir my die volgende:

Daar is ‘n foto van die hoofslaapkamerdeur met ‘n enkel koeĆ«lgat daardeur en kapmerke wat identies is aan die merke op die toiletdeur.

Reg in die begin is hierdie foto deur Gerrie Nel in die hof aan mnr Van Rensburg gewys maar daar is nooit enige verduideliking daarvoor gegee nie, ook nie deur Oscar nie.

Dit slaan my dronk dat die belangrikste stuk van die legkaart nooit ingelas is nie! Die polisiefotograaf is gevra hoekom hy nie verdere foto’s van die slaapkamerdeur geneem het nie waarop sy antwoord was dat hy van plan is om dit later te doen.

Een van die getuies was nie seker of hy vier of meer skote gehoor het nie. Jy het reg gehoor, daar was een skoot meer, dit was die een deur die slaapkamerdeur wat Reeva eerste getref het. Wat anders kon die fyn bloedspatsels in die kamer veroorsaak het?

Dit is mos logies of hoe? Die bewys is in die hof gewys, daar was beslis vyf skote!

Hierdie foto is nooit bespreek nie en vir die simpel rede dat dit nie deel kan vorm van hierdie infame leuen nie, want hoe sou Oscar dit kon verduidelik en aanlas by die storie van die rowers wat hulself in die toilet toegesluit het!

Ek sluit af met groot bekommernis in my hart oor die regstelsel in ons land en die verantwoordelikheid van die staat.

Rus in vrede Reeva, OP moet nog eendag antwoord.

Back to top button