Nuwe ‘hoof’stuk vir Bastion!

Hoërskool Bastion se nuwe skoolhoof deel sy visie vir die skool.

Hoërskool Bastion het ‘n nuwe hoof aangestel wat die toekoms van die leerders en die gemeenskap wil hervorm met sy vars idees, visie en dinamiese leierskap.

Ju-han Swart is op 1 Oktober amptelik as Bastion se nuwe hoof aangestel. Hy het gesê die reis na skoolhoof word reeds in sy grootwordjare gevestig.

“Ek is in ‘n onderwyshuis grootgemaak. My ma was ‘n onderwyser en my pa was ook vir 30 jaar ‘n skoolhoof. Ek het toe so ‘n passie vir die beroep ontwikkel,” onthou Ju-han.

Ju-han het sy onderwysgraad in 2012 by Pukke verwerf waar hy betrokke was by verskeie skole tot 2019. Op 1 Februarie het hy eers die adjunkhoofpos by Bastion gekry en nou die grote; skoolhoof.

“Toe ek uitvind dat ek die skool se nuwe hoof gaan word, het ek verskeie emosies ervaar. Ek was bang vir die groot verantwoordelikheid, maar dit was vinnig oorweldig met die opgewondenheid van die belangrike rol wat ek in die gemeenskap kan speel, veral ons Christenlike aanslag wat so belangrik is,” het Ju-han trots gesê.

Hy vertel verder dat hy as hoof van die enigste Afrikaanse tegniese skool aan die Wes-Rand ‘n duidelike visie en missie as dié toonaangewende skool in die distrik wil bevorder.

“Ek het baie planne vir die skool, veral rakende die interne beeld van die skool. Ek wil hê die skool moet op almal se lippe wees en resultate behaal. Ek wil hê my leerders moet ‘n plek hê waar hulle met die regte kwalifikasies die wêreld kan ingaan, ” het Ju-han afgesluit.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version