G’n som te moeilik vir Keagan (10)

Noordskool spog met hul leerder wat in die top 20 geplaas het by 'n Wiskunde olimpiade.

Laerskool Krugersdorp-Noord se Keagan Pienaar (10) en graad vier-leerder is onder die Top 20 in Gauteng nadat hy tydens die Interdistrikte Wiskunde Olimpiade uitgeblink het.

Volgens Noordskool se woordvoerder, Quintin Botha, het Keagan tydens die olimpiade 16de geëindig in die kategorie vir leerders wat graad vier, vyf en ses insluit.

“Daar was drie rondtes waaraan hy moes deelneem. Hy het eers gekwalifiseer vir die Cluster-rondte [wat al die Krugersdorp-skole insluit]. Hy is toe deur na die Distrik-rondte w[at al die Gauteng-Wes skole insluit] en daarna deurgedring na die Interdistrik [Gauteng-finaal] waar al die provinsie se distrikte deelgeneem het,” het Quintin verduidelik.

Hy het bygevoeg dat Keagan boonop eers ‘n ‘Mental Maths-byeenkoms’ teen ‘n sekere tyd asook ‘n olimpiade vraestel (wat hoë denkvrae bevat) moes aflê.

Quintin het afgesluit deur vir Keagan geluk te wens en te sê die skool is ongelooflik trots op hom.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version