Klein Mnr en Mej Norie 2024 aangewys

Noordskool se Mnr en Mej Norie het vir die eerste keer sedert 2018 plaasgevind. Hier is die lys van 13 wenners.

Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs sy eerste Mnr en Mej Norie in vyf jaar gekroon.
Die laaste van sy soort is laas in 2018 aangebied.

Marnus Kuun en Theane Fouche. Foto: Status Studio.

Volgens Quintin Botha, Norie-woordvoerder, is die glansgeleentheid deur Lizette van Wyk en Janneke du Plessis gereël. Die uitdunaand het einde Augustus plaasgevind.

Zaydin Bezuidenhout en Raeleigh Bootha. Foto: Status Studio.

“Die finaliste is toe gekies vir die gala-aand [in September] waar 92 deelnemers betrokke was en teen mekaar meegeding het om die titel van Mnr en Mej Norie,” het Quintin gesê.

Die wenners in elke kategorie is as volg:

• Junior Mnr Norie: Sebastian Scheulen
• Junior Mej Norie: Nicole Sfeir
• Senior Mnr Norie: Zain Crouse
• Senior Mej Norie: Mia-Ne Hurter
• Junior Mnr Persoonlikheid: Zaydin Bezuidenhout
• Junior Mej Persoonlikheid: Raeleigh Bootha
• Senior Mnr Persoonlikheid: Nathan Bezuidenhout
• Senior Mej Persoonlikheid: Wilmé Victor
• Mej Debutant: Danelle Prinsloo
• Junior Mnr Fotogenies: Dylan Adriaanzen
• Junior Mej Fotogenies: Abigail Nevill
• Senior Mnr Fotogenies: Marnus Kuun
• Senior Mej Fotogenies: Theane Fouche

Hy het afgesluit deur te sê Ilán van Staden het as gaskunstenaar opgetree.

Exit mobile version