Twee hokkiespanne van Laerskool Krugersdorp-Noord is onlangs as ligawenners in die distrik gekroon.
Volgens Nories se hokkie-organiseerder, Chanél van Dyk, het hul o10- en o13A-dogtershokkiespanne met die Gauteng-Wes-ligatrofee weggestap terwyl hul o11A-dogtershokkiespan die naaswenners was.
“Noordskool is uiters trots op hierdie spanne wat ons in die liga verteenwoordig het,” het Chanél afgesluit.