Proties se are vloei kultuur!

Twaalf Proties-leerders het onlangs aan die Segerona Arts and Culture Eisteddfod deelgeneem en nie teleurgestel nie.

Kulturele prestasies vloei in die are van Laerskool Protearif-leerders. Dit is duidelik nadat 12 van hul leerders aan die Segerona Arts and Culture Eisteddfod van Gauteng-Wes (D2) deelgeneem en uitgeblink het.

Joey Burger, Proties se kultuurorganiseerder, het gesê die Eisteddfod het onlangs by Randfontein English Medium (REM) plaasgevind.

“Slegs twee leerders [per graad en per skool] kon deelneem, wat ‘n fantastiese prestasie is. Hulle het toe aan verskeie kulturele aktiwiteite deelgeneem, insluitend instrumentaal, vokaal, poësie en prosa,” het Joey gesê.

Joey het afgesluit deur te sê hoe ongelooflik trots sy was op al hul leerders wat gekies is en aan hierdie geleentheid deelgeneem het.

Exit mobile version